Skip to content
Help us bring a world of writing to readers in 2022. Give now.
from the November 2021 issue

scratch cards

sommige kinnes
is soes lotto scratch cards
vi hulle ouers
hulle koep die kaartjies
vi next-to-nothing
en plaas al hulle
hopes en dreams
in daai een kaartjie
dan krap hulle dit oep
met 'n coin
of klip
of enige iets wattie
silver layer maklik gaan af kry
en assitie die
nommers of symbols
reflect wat vi hulle
'n duur huis of kar kan afford nie
is die kaartjie
bad luck
'n waste of money
en beland dit
in die gatkant
van 'n jean
innie wasmasjien
en die kaartjie kom
in stukkies en bietjies uit
sag
en
onbruikbaar
en as djy nie gebruik kan wordtie
behoort djy an niemand mee nie
 

scratch cards” © Shirmoney Rhode. All rights reserved.

Read more from the November 2021 issue
Like what you read? Help WWB bring you the best new writing from around the world.