Skip to content
Help us bring a world of writing to readers in 2022. Give now.
from the November 2021 issue

Slang Hiewel

My naam is Susan Ruiters. Maa amal roep my somme Sanna. Ek was gebore innie laat 1970s an my ma, Gertruida Johanna Ruiters en my pa… Wel, dis hoekô ek hie is. Ek sal nooit gewiet het as JB nie vi my die storie vetel het van die man in die foto nie. Miskien sal Ma nog steeds gewag het vi die regte tyd om my te sê. Ma was op gebore op die plaas. Haa familie het gewêk en gebly op die plaas met tien anne families. Die plaas se naam was Slang Hiewel, en al Ma se vyf kinnes, was daa gebore. Dit was ek, die drie Johns, en Gert. Ma se man se naam was John, maa amal het hom somme Senior geroep, ôs oek. Drie van my broes se naam was John. Die eeste John het ôs geroep Junior. Die twiede John was genoem agte sy twie oupas John en Bernard, en soe het ôs hom somme JB geroep. Die dêrre John, die jongste van ôs amal, het ôs op sy naam geroep. Gert was agte een van my oems genoem. Hy was die stil een, altyd gesit biesag met een of anne boek.

As djy by ôs koebuis deu gestaan het, kon djy gesien het hoe groot die plaas is. Djy dink sieke dat die boer moet rêrig agte sy mense kyk. Maa die ienigste ding wat die boer agte gekyk het is was die wal tussen die slange en sy familie was. Slang Hiewel issie somme ʼn opgemaakte naamie,

wan daa’s slange in die soemme, en innie winte issit modder en slange. Dis twinnig families wat hie tussen die slange en die modder liewe. Die families het gegroei soes die plaas gegroei het, maa die eeste vyf families het hie kô bly toe die boer se voo’ouers die land gevat het as sy eie. Die boer se huis het groter gegroei, maa al wat ôs kan voo hêppy was was as niemand deu ʼn slang bepik wassie. Maa elke gesin het al iemand an die dood afgestaan deu ʼn slang se pik.

 

* * *

Ma het haa tyd gevat om dood te gan. Toe ek vyftien was het die wit dokter haa sês jaa gegie om te liewe, en vi haa met ʼn sakkie pyn pille huistoe gestuu en ʼn brief vi die staats hospitaal se kanker afdeling. Ôs se dokte het haa ʼn sak vol kruie gegie, vi haa gesê wat om te iet en nie te iettie, en vi haa gewys hoe om die dagga voo te berei om te roek en te drink. Sy’t veetag gedraai daai jaa toe sy die nuus kry. Tien jaa late toe ek my sak gepak het en daa weg gestap het, was Ma biesag in haa klein tuintjie, sy was te biesag om agte haa kinnes, haa tuin, en haa huis te kyk om te gewarrie het van doodgan. Dit was die dagga-roek en daai kruie, en die feit dat sy uitgesien het om te liewe wat ha aan die liewe gehou het.

“Jou hât, jou bodies, en jou breins, my kind, dis wat tel,” het Ma altyd my geremind. En sy was liewendig en bewyse dat dit wêk.

Ôs het nooit die land geown wat ôs huis op gestaan hettie, ôs het oekie die huis self geown nie. Dit was die boer se eiendom. Soms het dit gelyk ôs is sy eiendom op die manier hoe hy die manne en vroue rond gemôs het. But hoe is iets jou eiendom, hoe is ʼn huis jou eie wat op iemand annes se land staan? Ma het altyd gegloe dat elke mens moet ʼn huis as hulle eie het voo hulle dood. Sy’t altyd gesê,
“As djy niks annes hettie, dan het djy atleas ʼn plek wat djy kan na huis toe gan. Almal hettit nodig, ʼn plek om na huis toe te gan.”

Ek het opgegroei in ʼn huis met ʼn ma, memories en ʼn foto van die man wat ek gedink het was my pa, of Senior, soes amal hom genoem het, sy kinnes oek. Daa was dae na skool wat ek op Ma se bed in die son gelê en droem het oo Senior, die warmte van sy stem, sy growwe vinges soes hy die trane van my wange af gevie het. Die skelm oegknippe as hy ʼn hand vol lekkes in my hand druk wanne die seuns in die jaats in die ronte haloep, soe om te sê, moetie vi hulle sê nie. Maa oo die jare het sy gesig ve’anne. Die ouer ek geraak het erger kon ek die leemte voel tussen my en Senior. Selfs na die slang se soemme, twie jaa na my tiende vejaasdag, toe Senior een van die vyf manne was wat deu gepik was.

“Kyk, Ma, Senior smile met ʼn mens,” het ek altyd vi my ma gesê as ek soe daa op haa bed gelê het en sy het tien die deu se koesyn kô hang, en my stip angekyk met die klein glimlaggetjie wat op haa gesig gesit het. Maa sy’t my nooit entertain met dittie. My altyd vettel,
“Maa, dis net ʼn foto, my kind,” het sy gesê soes die foto by my vat en die vinge merke van dit begin afvie, die doilie op die bedkassie reg getrek en die foto wee trug gesit op sy plek. Dit was ampe soes sy distance gesoek tussen die man wat sy getrou het en sy ag skaduwees wat elke dag om haa haloep, of haa pla vi nog ʼn stuk brood, of daai een se skool skoene is te klein. Sy sal altyd agte ha anroep soes sy onthou daa moet wee aatapels geskil wôt.

Die naaste ding an ʼn pa-en-dogte vehouding na Senior dood gepik was, was ôs dominee. Hy’t om gegie vi die families, hy het geskel waa skel norrag was, hy het gebid waa gebed norrag was, en hy’t gepriek waa priek norrag was, but mies belangrik, hy’t die kêk koevêtjies op tyd kô afgie elke maan. Hy’t sy wêk gedoen om sy skaape in ritme te hou met die scriptures wat hy vi ôs voogelies het. But ek was dankbaar vi ôs dominee. Hy was die een was wat eeste vi Ma gesoebat het om in die kêk koor te sing, toe Ma nie wil beweegie, toe dreig hy haa met die sondes wat sy doen om ʼn “Engel uit Got se koor te hou. Sy woore nie meine nie.” Ek was die ienigste een wat ʼn noot kon hou. Die mense altyd gesê ek vat agte my pa, maa ek het altyd gewonne hoe dit kan wies, wan ek het nog nooit vi Senior gehoo singie, wat nog van sing.

“Die kind is gebore mettie duiwel,” het Ma altyd gesê wanne JB biesag was met sy brant stiekery, die anne broes se speelgoed karretjies, of my poppe, en Ma se uitgeraffelde dollies wat sy latere wou reg maak wanne sy die tyd gehad het om dit te doen. JB was twie jaa jonger as ek.

“Djy stiek vure an waa oekal djy kô!” het sy altyd vi JB geskel, en wanne hy nie geluiste hettie dan het sy vi my geskel om op te hou sing. Issie soes ek myself kon stop sing hettie. Maa ek het maa getry om al my note by koor oefening elke dag uit te kry. Maa ek kon net nooit vestaan hoekô Ma soe tien dit was dat ek gesing hettie.
“Djy moet ʼn man vat en trou. Ek soek kleinkinnes,” is ʼn deuntjie wat ek en die anne meisies in die koor somme baie goed ken. Wat was altyd weird was om te sien hoe my broes en die seun van Slang Hiewel nooit vetel was van hoe hulle moet trou en vrou vattie. Dis ampe soe ôs moet die man gan soek, en dan vi daai man trou en sy kinnes kry. Maa my ma se wens vi my om man te vat en kinnes te kry het ampe waarheid gewôt. Sy’t my wee gedreig met sondes tienoo Got nes die dominee haa gedreig het, toe ek en ʼn jaa na ek skool kla gemaakit vi Connie ontmoet het. “Sal djy met my trou?” Was ʼn vraag wat ekkie wou hoo van ʼn man affie. Maa daai wassie expectation as djy as vrou ʼn ‘opregte man’ volgens my ma ontmoet. Hy was ʼn mechanic, net soes sy pa en sy pa se pa. But dis soes alles wat mens doen doen djy om iemand annes gelukkig te maak, maa daai wassie wat die man wat my pa is dinge gedoen hettie, volgens JB. Maa ek en Connie se mislukte vehouding hettie my ma gestop om an te hou karringie.

“Sanna, djy moet ʼn man vat en trou,” het sy begin soebat die jaa toe ek besluit ek gan my pa gan soek. JB was die een wat daai vuur in my kop angestiek het. Ma was reg, JB begin vure waa oekal hy gan, en soes hy op gegroei het, het sy woore sy vuurhoutjies geraak, en daa wat hy gegan het het hy vure annie brand gestiek. Maa ek het hommie gegloe toe hy my sê dat Senior nie my pa issie. Ek het net gedink JB is wee JB. Maa toe hy sien ek vat hommie kop toe nie, toe ruk hy sy gan op en vlieg by Ma se kamer in. Die einigeste tyd wanne hy daai vryheid het is wanne Ma by ʼn moeder’s meeting is by die kêk, of as sy kliniek toe gan. JB het trug gekô met ʼn klein parceltjie in sy hand. Hom langs my kô neesmyt op die anne koebuis stoel.

“Kyk vi jouself!” het hy gesê soes hy die rekkies wat die pakkie anmekaa gehou het. Hy het die foto, die brief, en die bekfluitjie voo my gesit, en my gevra,
“Lyk die soes ek lieg?”

Hy het die bekfluitjie opgetel tewyl ek die brief en die foto bekyk het. Die man in die foto met dik swat hare nes meine. JB het begin suig an die bekfluitjie en êg beginte hoes van die stof wat in die bekfluitjie vegader het.

Dis weird hoe woore en gebeurtenisse vars in mens se kop bly wanne mens deu life-changing oomblikke gan.

Maa daai was net helfte vannie storie, wan JB sê toe met ʼn groot sug, “Ja en hy was mos een aan hie oek.” My angstige vrae van wat JB bedoel het was geantwoort met ʼn storie van hoe dit die jaa voo Senior dood was, hulle het ôs gesê ôs moet gan slaap, soes wat hulle gewoonlik gedoen het. Maa JB wat nooit geluiste hettie het trug in gegan, gemaak soes hy dôs was. En daa het hy die man in die foto by die tafel gekry sit, biesag om sy rooi bekfluitjie af te vie.

“Hy’t geruik soes Aqua Velva en roek,” het JB gesê. My vrae an JB oo hoekô hy my nog nooit iets gesê hettie wat geantwoort met hy’t uitgevinne die dag toe die brief lies, die foto en die bekfluitjie gesien het.

Die namirrag toe Ma van die kliniek af kô toe vetel sy die hele storie van my pa en sy droem om ʼn Jazz band in die Kaap te join. Sy’t my vetel hoe sy alles getry het om hom te laat bly, maa toe hy sy mind op gemaak het kon sy niks doenie. Hy’t beloewe om te kô kuier, maa hy’t net nooit uitgestiekie. Hy’t haa gelos met ʼn paa honnert rand, ʼn pappe babatjie, en ʼn gebroke hât. Sy’t vi Senior ken sy al an kleins af. En hy’t trug getrek na sy Ma hulle toe ʼn paa maane later. Sy’t velief geraak op Senior en hy’t geraak op haa met haa pappe babatjie. Ma het gesê Senior het my gevat soes sy eie bloed en wou nooit hê ek moes dink ek issie syne nie.

En toe Senior dood, toe besluit sy dat sy sal my sê eendag wanne ek reg is vi die volle storie.

“Dit lyk soes die Jirre besluit het djy’s reg om die waarheid te ken, my kind,” het sy met trane in haa oë gesê. Maa hoe kon ek kwaad wies vi haa of vi hom? Ek het saggies saam met haa gehuil soes sy met ʼn bewende stem deu haa hâtbriek geklouter het, soes sy plek-plek gestoppit om te rus, soes sy haa neus af gevie het, dan ʼn diep asem in gevat het voo sy wee voot gegan het. Hoe kon ek kwaad wies? Ek het haa gevra oo die aan wat JB hom gesien het. Sy’t my vetel hoe sy hommie wou toelaat om my te sienie. Wan wat sou sy my dan gesê van die vreemdeling met die rooi bekfluitjie. Sy het sieke vewag ek moet kwaad wies, maa hoe kon ek kwaad wies? Alles het sense gemaak vi my. As Ma geskel het wanne ek gesing het. Miskien was sy bang dat my droem oek haa hât gan briek. Die feit dat sy dik gehou het ek moet trou, because miskien dink sy as hulle getroud was, sou hy gebly het. Miskien was sy bang om my te veloo. Waa ek my stem gekry het maak nou sense. Maa hoe kon ek kwaad gewies het? Miskien moes ek maa ek wassie. Sy’t my vetel van sy band “Die Nightingales”. Ek was excited om vi Freddy te onmoet. Ek is nog steeds.

 

© Olivia M. Coetzee

 


 


 

Read more from the November 2021 issue
Like what you read? Help WWB bring you the best new writing from around the world.